|
|
POETRY
BY LOIT SôLS
Loit is a Cape Town born poet and guitarist, currently living in
Piketberg on the Cape West Coast. He has published two books of poetry, both
through Kwela. The first was called My Straat en Ander Stories (My Street and
other Stories), the second is Die Faraway Klanke vanne Hadeda (the farway sounds of a Hadeda [bird].
Below is a selection of Loit's poetry. He writes mainly in Afrikaans.
For more on Loit, and to sample some of his recordings, click here .
Assie sôntsie sak
Assie sôntsie sak oo' tafelbêg
Val my mind narrie stilte weg
Die tafeldoek is ytgelê
Wat mee' wil 'n mammie hê
My nostalgia is gesout
Virre trippie oppe boat
My nostalgia is gesout
Gie trig my Cape of Good Hope
Freedom Charter
Die freedom charter wôt weggebarter
Ma' wag daas nog hoep is noggie vekoep
die constitution speel sy eie soote fusion
marrie global village dink, dié kêrel isse pêrel
Die bill of rights wôt ge-redefine asse tights:
'n doef-stom brokkie:
die lippe djoelyt ma' niks sound ko' yt
en die endless lip-service se 'word of honour'
lyk ma' lekke' nervous
die equity bill isse mooi rônne pil
"die brothers" sêrie mothers
"is more equal than others"
en nou raak hille brothers
ennie freedom charter smile op alles
ennie global village dink, dié kêrel isse pêrel
Ahôja (Prêntsies)
'n Groep straat-laities dwaal, mannie te vê' van hille fumes-zie
moette vis-en-chips parcel, een clue enne tune-tsie
Die sôn is lankal oorie bêg enne poellies-wên trêk op
Tyd staan, 'n street-clown jump, wies al wee' gerob?
Ennie laities pause hille game, dié picture moét hille frame
"Isse blerrie skanne, spray ieman sônne tanne, "watse ag shame?
Haai daase buterfly," nog spray fly, "nogal dié tyd vannie aan'?"
Somewhere skriee 'n ref'ree, "go, go, go, first round!"
'n traffic cop op adderley staan en krap sy roman-nies
virre seccie, al wee' op diet, lekke sturvy en dik-vies
haa' dag issie gemaakie, sy't moet vet-koek yt gan hak
djan smuts se yste vookop wôt nog altyd natgekak
'n katsie stalk 'n voëltsie wat wil supper oppe wirrim
advertising maake certain point oppe o-h-p se skerrim
'n eagle doennie selle oppie serengeti-plein
antie ma trêk honned jaa' is oek newsworthy innie trein
en politics is ees vol strônt en soemma propvol naies
die bêg wôt wegge-auction an overseas se triers
'n sout-piel, brieë-bôs is trig van maane se globe-trotting
marrie bêgies gan ma' an moet hille form of window-shopping
ennie een vra virrie anne, "was djy al innie museum?"
"hoe ko' djy-ran in haa' ek is van hai plek vevreem?"
"hou jou net vi' respectably reg-op en hou jou asem in
die koeie gan nog braai hou moet lang-lang glaase gin"
"soe hopefully nog eendag gan ôs boere sien van wax nuh?
Arrears kan ma' gescrap wôt ma' wat van rates en tax huh?"
"Arrears gan nie geskrep wôt, hou nou op moe' jou predictions
dié city wêk vi' ammal marrie law wêk vi' evictions"
vêrre op, nigeria, maak engen millions in crude profit
poets wôtie mee' gehang as hille nie hil woore afgestoffit
wonne wat nou gan gebee' moet ou mzwake mbuli
brain-drain tot innie jail, dai issie siening van yours truly
en tewyl alles die onvou kry-rie khoi nou-nog injection
rhodes rooi en lillik face nóg innie vekeere direction
'n nogge khoi gie birth marrie pa deny sy kin'
wies han nou éés biesag moet apartheid se bewin'?
'n pot sny-boentsie briedie gie vi' ou-laas 'n paa' sighs
die call-girls kap nog an ennie ammil hou nog braais
die engelse bar-b-que enne gangster wôt release
en pick 'n pay indulge ôs wee' moette caring price increase
die laities is down na wale street en oek na lippe-taal
die vis-en-chips parcel hang heeldag al slap anne paal
die culprit vannie robbery was toe nie 'n bêgie offe busker
nogal 'n ex-community policeman gevang sônne sy masker
die ref is byrie hys moerrie seccie ennie cops
djan smuts dai ou skêrminkel het oek gelaik van vleis en hops
'n hon het toerrie kat gekry ennie voëltsie aggewurre
die ad-firm doenne commercial oore niewwe docu-fillim
die eagle issie subject hievan, mense is te bôrieng
kyk wat ken dai clown marais van substance of van calling?
ma' antie het toe gan trou moette seventy-year ole skellim
Die heele straat is annie vlam, hy's gloe gebore moerrie hellim
Die butterfly't in rhodes gevlieg daas nog nerrie dop
Die bêgies het oek hille s'n, die slim een gooi nou op
Somewhere demand 'n director, "cut! what happened to the clown?"
Somewhere skriee 'n barman virrie laaste kee', "last round!"
Die gesig van God
Die gesig van God sal djy kry innie bybel
Maa` sal djy-rit vestaan?
Pety mense swot ommit te lee` ken
en issitie mooi nie huh?
Hei, skrik wakke'
die gesig van God is nooit vê nie
Kyk ma` net om jou man
Kinders as julle klaa` gemossit innie waate`
en `is wee` stil
kyk geris haa` in
narrie gesig van God
Straat-philosophy
Kyk mooi in jou kop my fellow muso
en separate die goodness vannie vullis
maa` moenie van jou dingetsies jou dinges en jou dinges se anties vegittie, ok?
die res sal ôs laatere van worry
ek`s mos wys
djy sien nieman nie
dan vat djy al jou vullis
en sirrit in jou agtegat sakke
kwaai
nou vat djy asseblief jou dingetsies jou dinges en jou dinges se anties
en sirrit in jou vinges - daas waa` djy slim is
die res kan djy ma` soelang ythaal yt jou continental bootse yt
hoe sien djy han vi` my?
karra daa` my broe man
djy`t soe geneglect gelyk
nou`s daa` nog net goodness oo`
vi' jou stem en vi` jou snare
en oe-ja moenie vegiettie nuh
los marrie bietsie in jou hare
dais oek mos deel vannie hype
cool, nou kan ôs mos lekke saamspeel
ennie res kan djy mos lekke innie dancing drik
agtena kan djy al jou vullis jou dingetsies jou dinges en jou dinges se anties
byrie hys ythaal nie by my nie
daas mos `n mooi ongebrykte bryn onnerrie keppie
spannit in
die res aag man daas mos altyd nog van dai oo`
om saamie gesien te hoot
ek missie ses
(vi` aalie victims van forced removals)
Die droem trêk oep moet spinnerakkies
haa` hoeg innie hoek
waarie dak opgeslouppit man oupa
innie regte kan man oupa
daa` waa` nieman kan gereachittie
haai oupa moet siekke onhou
ai oupa gan ek oek soe oud raak?
is hai selle venstebank en hai selle straale
wat vi` my van jaundice gesave-it
en anne less mentionables
hai oupa kan han selfie vi` my haa` dee` gevangittie
ek missie sounds vannie nag oupa
maa` nie vannie bulldozers ennie guns-zie
ek missie ses
ekit altyd dai ryk gelike vannie fresh pêrremis innie early morning hours
ennie milkie se flyt was ôsse alarm
ek wens nou-nog ek kan soe flyt
ek mis vi` miessies Jacobs ennie hare op haa` boelip
en haa` dogte Toetsie ek en sy was saam other-coloured gereclassify
die kam was ôs genarig
Cyril Galant wat dood is se broetsie Basil suffer nou-nog haa oo`
ôs het haam lekke innie rônte gehatloep
en baie knië gesien oek oupa sinne
en lekke kennetsie gespeel aal ommie hoeppe mis
moet "haattappel en ywe" innie background
ma` ôs hettie meer as ôsse nieste gehatloeppie
wannie ou mense was strict
ek missierrie petrol bombs se fumes-zie
ek missie ses
In the Rock
In the Rock
Language of my people
In the rock
its written in the rock
in the skin
on its face
the language of the Khoisan
endelible printings
spiritual hintings
intoxicated with wisdom
and learnings
and deep deep meanings
its written in the rock
its the language of my people
abc of the khoisan
buzzing with energy
transcending heavens
continuing lines
of modern and ancient
Khoisan paintings
on the footpaths
deep in the veld
between the high grass
and modern fences
a blight on the landscape
Waa` wil djy wies?
Waa` wil djy wies?
sê my Waa` wil djy wies?
Waa` wil djy wies?
sê my Waa` wil djy wies?
ek wil by myself wies
is al waa` ek wil wies
ek wil by myself wies
is al waa` ek wil wies
wat wil djy gloe?
sê my wat wil djy gloe?
wat wil djy gloe?
sê my wat wil djy gloe?
ek wil in my self gloe
hie onne en daa` boe
ek wil in my self gloe
hie onne en daa` boe
ek wil in my self gloe
is al wat ek wil gloe
waa` wil djy wêk?
sê my waa` wil djy wêk?
waa` wil djy wêk?
sê my waa` wil djy wêk?
ek wil vi` myself wêk
is al waa` ek wil wêk
ek is han selfie wêk
Wakke' slaap
Wie gan djy jou kosbare tyd miee spend?
Wie gan djy wee' invite in jou special space?
Gan jou woorde val en dan ve'anne inne klug?
Of gannit opstyg, vê weg, vê weg trug wai?
En trug kom in jou grip en drip en drip vannie vette
Wie gan djy wee' entertain sônne een regret, huh?
Gan djy, waa'wyd wakke, van jou consciousness deel?
Of gan djy ieman wee' treat moet unconscious vedriet?
Gan djy wee' jou waarheid yt deel met impunity?
Of gan djy empathy confuse moet sympathy en pity?
Wie gan djy erken moet jou diepe sense of trus'?
Met wie gan djy wee' deel 'n groot stuk van jou matras?
By wie gan djy jou judgement opmerk en dan opskerp?
Wie gan djy jou beste gie met integrity?
Wie is dai pe'soon saam wie djy joyfully kan skriee?
Gan djy wee' in oë kyk vi' wie djy graag wil serve?
Ieman wie net een van al jou choices wel deserve
Laa-la-laa-da-daa-da-die
Wie trap in jou triee?
Wie vedien 'n smeersel
en dan issit genoeg?
Van jou happiness, conscience en tenderness
Laa-la-laa-da-daa-da-die
Vi' wie gan djy nog gie
En gie en gie en gie en gie
Nevermine vi' wie
Laa-la-laa-da-daa-da-die
moet wie gan djy saam vlie
En dans en sing en rôn' ringking
en in spring innie vuu'
Wie gan djy gie bietsie energy?
Gan djy weereens deel van jou humanbeingness?
Wie gan djy wee' treat soes net nogge genis?
Moet wie gan djy jou mind wee' share sônne om te force
Ieman' is daa' somewhere wie jou voete graag wil was
Wie deserve 'n stukkie van jou ha't se punt?
Wie se end intentions is soes spieg tiennie wind?
Moet wie gan djy wee' opmaak en huil en lag en wee' lag?
Maanlig
Ek het hom gesê ek willie maanlig hê
Ek het hom gesê ek wil my eie gel' vedien
Ma' elke twiere jaa' wil hy 'n baby hê
Lyk my nie hy wil trou nie hy wil net moe' my spien
Ek is lekke moeg van vi' hom servantsie speel
Hy willie sy innelikke moe' my deel
Djallang innie rônte moerrie black 'n tan onhou
En virginia is sy downfall - die liquid ennie vrou
Die eeste kee' toe brêk hy van sy camry byrie hys
Om kom vannie bom toessit 'n camera die lys
Laas maan' toe sê hy brêkkerag, hytte djob gekry in parliamen'
Om kom vannie bom toessit 'n fektirrie in Paarl, wiet djy vrin'?
Nou moet ek ma' admit ek het my instinc nie gefollow
Ja, ja, ja, ek wiet, ek wiet, die woore kling ma' hollow
Ma' ek meet hom innie bokkevel' se koue oppe troue
My brein was te gevries om te kan check is einlik 'n wantroue
Goeie Goed en Kattekwaad
Net ookan oppie veldtsie staan 'n groeppie vaal goeie mense
Vol moed en hoep en baie brave en vol gebed en wense
desperate klap hille hanne oppe goeie geroeste chord
die klank baklei om deu' gesys van karre raak gehoo te wôt
En ammal kyk soe gravely op dat mens sal dink hilles sierjis
ma' is moses wat aire furniture rôn-skyf of re-adjust sy bierkjis
Enne hon' wat daa' staan kyk oek op
Die wolke-rôl ennie attic-sounds skyf'fie focus narrie boellies
Watte entsie vêre kanse vat en ytkyk virrie poellies
Wie net sal appear na-rie daad gebeu' ma' nieman vat dai kans
Net 'n skyf of twie assie goed omkom en dan wegloep inne trance
Ennie dampe hang-ie lank rôntie wan' twie klo'goed staan en vry
Daase helse woes gewiemelry en haa' big-look top's in disarray
Soesse kat inne sak of issit kieste vol kos?
Sy trek die kan en dai kan ma' klo'goed willie los
Hy't dannie goed gekoep en sy't saam geroek hy soek ma' net sy cut
Sy reasoning is hy't die wêk gedoen en soek nou net wêk vi' sy lat
Dankie, sê sy, 'it was goeie goed ma' djy's nou biesag moet kattekwaad
My logic wêk graag oppe anne style, en sy voeggie woot byrie daad
Jô, en sy gie hom 'n moerse klap, larrie hon' skrik enne vloek woot gie support
Marrie mense vannie kerkie praise ma' nog al an hille lôd
"Here!" en "Djissis!" en "Prys U!" en "Koning!" en baie spieg val ron'
die arrimme mense lyk ma' pynlik innie nat agtemarrag-son
En hon' se kin' staan nog steeds daa' en beginne saame howl
Enne goeie bietsie bystanders het ge-gather al issie weather fowl
'n bitter sister tune en slat gelyk 'n bitter boks-kitaar
daase sticker oppie bonnet ennit mis 'n treble snaar
die pastoor hy liees 'n sonnet hy wou-rit einlik koes
ma' hy's careful virrie evangelis wat rôn' trippel, klip gooi en proes
en raak soemma judge, jury, executor, soes hyrrie 'sondaars' skel
en daa' fok sy valse tanne yt in-between die 'hiemel' ennie 'hel'
die ienagste twie jong mense giggel en jab mekaa spontaan
die boellie is trig moette vengeance en drink nou ytte kraan
Die meisie wat soe klappe yt deel speel nou saam moet vuur
Die victim van haa' logic sit vi' haa' en gluur
en op hai selle momen', stiptelik, los moses 'n groot poep
en evangelis' duck en skriee ha'top, "Djirre het U geroep!?"
Ma' Djirre't anne problems en koes oek ma' virrie rieen
Ennie tanne lê bewusteloos onne 'n swaare broe' se bieen
En ôsse honne staan nog, biesag om na 'n vlieg te kap
En ôsse godsman gooi nóg klippe ma' sy betries is nou pap
Wan' asse mens te sierjis raak lyk djy latere soesse dwis
saam-praat bring oplossing ma' priek maak mens net voos
hy't siekke ma' vi' goed vegiet dat goed-lieewe goed aan kwaad se sy
ai Djirretjie help ôs tog, dat al die goéd gebeu' ennie res net praate bly
|